'n Man sit heeldag lank 'n entjie van 'n jong seun af en hengel op 'n ysmeer. Die hele dag vang hy niks, maar die seun trek die een na die ander vis uit.
Uiteindelik stap die man oor die ys na die seun en vra hom hoe op aarde hy so baie visse kan uittrek.
Seun: "Y oe ie urm ar ou!"
Man: "Ek hoor nie wat jy sê nie!"
Seun: "Y oe ie urm ar ou!"
Man: "Jong, wát sê jy!?"
Die seun spoeg 'n taai massa in sy hand en sê: "Jy moet die wurms warm hou!"
精彩评论